Ep. 9 - Is bloed dikker as water?

--:--
Ons vier Sondag, 12 Mei 2024, Moedersdag. Vir baie vroue is dit ’n dag van viering, maar vir talle hou dit groot pyn en selfs rou in. Die Taakspan Gendergeregtigheid kyk in hierdie episode na kwessies wat hiermee verband hou.

Ons gesels met Sarize Retief, gemeentepredikant in Aggeneys, oor haar persoonlike reis met infertiliteit. Professor Igno Siebert, ’n fertiliteitspesialis bied ’n mediese perspektief en Lou-Maré Denton van Brackenfell-gemeente kyk na hoop en bemoediging vanuit die teologie.

Vroue se identiteit word so vasgemaak aan hulle rol as moeders. Hoe ontkoppel ons mawees van vrouwees?

MÓÉT-LEES BRONNE:

Reconceiving reproductive health: Theological and Christian ethical reflections
https://tinyurl.com/Reconceiving-health

Reconceiving Infertility: Biblical Perspectives on Procreation and Childlessness
https://tinyurl.com/Reconceiving-Infertility
12 May Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 17 - Klein, maar getrou: Die kerk in Japan

In hierdie episode gesels ons oor die werk van Missie Japan, ’n vennootskap tussen die NG Kerk in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerk in Japan. Ons gesels met Stéphan van der Watt, ’n sendeling wat al meer as 15 jaar in Japan werk, en Yoshitsugu Ohnishi, ’n Japannese pastoor en…
27 Aug 16 min

Ep. 16 - Ondersteunende Leierskap: Ryno Els oor jongmense en geloof

In hierdie episode gesels ons met Ryno Els, van Toringkerk. Hy is ’n predikant met ’n vars perspektief op hoe ons die volgende generasie kan ondersteun in hul geestelike reis. Ryno deel sy insigte oor ’n reeks gesprekke wat hy onlangs met jongmense gehad het, waar die idee van ’n…
21 Aug 16 min

Ep. 15 - U2 Konferensie: "Gewyde seer..." (Deel 2/2)

Op dag twee van die U2 konferensie, reflekteer ons oor 'n aangrypende aanbieding van die vorige aand. Dit gaan oor seerkry, brutale eerlikheid en die bediening. Ons hoor ook van die rol wat U2 in twee broers se lewens gespeel het, voor én na die een se dood.
7 Aug 18 min

Ep. 14 - U2 Konferensie: "Rou, eerlike geloof..." (Deel 1/2)

Op 6 -7 Augustus het 'n konferensie oor U2 se musiek en die teologiese invloed daarvan, by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington plaasgevind. Dit was 'n baie verrykende ervaring. DJ Muller het op dag een van dié konferensie met die organiseerders en 'n paar deelnemers gesels oor…
6 Aug 20 min

Ep. 13 - Diaconia hou geleenthede om te deel oor barmhartigheid

Diaconia is ’n eenheidsbediening van die NG en VG Kerke. Hulle is tans besig met ’n reeks streeksbesoeke by gemeentes en ringe. By hierdie tipe geleenthede word daar stories gedeel oor hoe gemeentes, organisasies en ringe betrokke is by barmhartigheidswerk, en daar word ook gekyk na maniere hoe daar hande…
1 Aug 9 min