Twee ontvoerde kapingslagoffers naby Hazyview gered

Loading player...
Twee kapingslagoffers is Woensdagaand gered na hulle vroëer die dag naby Hazyview ontvoer is. Volgens die polisie het hulle ‘n vergadering by ‘n laerskool in Nyongane bygewoon. Een het na afloop daarvan ‘n probleem met sy voertuig ondervind en terwyl ander mense hom probeer help het, het drie gewapende verdagtes toegeslaan. Twee mense is in die kattebak in forseer en daar is met hulle weggery. Hulle is later veilig gevind en twee voertuie is agtergelaat. Die polisie soek na die aanvallers.
3 May 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min