Onderwysdepartement soek oplossings vir misdaad teen Masoyi-skole

Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement vergader môre met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Dit volg op ‘n gewapende rooftog by Jerusalem Sekondêr op 10 April. Die vergadering sluit die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid in en vind Donderdag by Khetsalwati Sekondêr plaas. Die departementele woordvoerder, Gerald Sambo:
1 May 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min