Mpumalanga Premier open splinternuwe Bethal-hospitaal

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om sodoende menselewens te red. Die hospitaal sal dienste lewer aan die omliggende gemeenskappe van Trichardt, Embalenhle, Kriel, Devon, Morgenzon en Charl Cilliers. Sy sê die provinsie benodig 'n toegewyde psigiatriese hospitaal.
24 Apr 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min