Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om te betoog, maar mag nie ander se vryheid van beweging belemmer nie. Hy sê die R40 is ‘n belangrike roete tussen Mpumalanga en Limpopo en padversperrings affekteer sakeondernemings. Shongwe voeg by dit is onaanvaarbaar dat eiendom vernietig word.
22 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min