Verdagte vasgetrek in besit van plofstof na roof by vulstasie

Loading player...
‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en werknemers met vuurwapens aangehou. Hulle het die kluis oopgeblaas en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. Die man wat vasgetrek is sal eersdaags in die Mhala-hof verskyn. Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek die skietvoorval.
15 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min