DA gerief oor tekort aan MRI-skandeerder by Rob Ferreira

Loading player...
Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat tersiëre hospitale in Mpumalanga nie radiologiedienste aan pasiënte kan bied nie. Jane Sithole van die DA sê daar is steeds geen MRI-skandeerder by Rob Ferreira-hospitaal nie, en pasiënte moet betaal om sulke toetse privaat te laat doen. Boonop het die provinsiale gesondheidsdepartement verlede jaar reeds 40-miljone-Rand begroot om een aan te koop, maar dit sal nou eers in die 2024/25 finansiële jaar gebeur.
11 Apr 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min