DA verwelkom R200-miljoen-boete oor riool in Govan Mbeki

Loading player...
Die DA het die Govan Mbeki-munisipaliteit se boete van 200-miljoen-Rand vir die oortreding van omgewingswette verwelkom. Die boete wat deur die Bethal-landdroshof opgelê is, is vir die storting van rou en onbehandelde riool in die eMbalenhle-watersuiweringsaanleg en die Watervalhoekrivier tussen November 2019 en September 2020. 50-miljoen-Rand van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. James Masango van die DA, sê egter die munisipaliteit is te bankrot om die boete te kan betaal.
11 Apr 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min