VF Plus Mpumalanga spreek kommerwekkende toename in ontvoerings aan
--:--
Die VF Plus het verskeie voorstelle aan die Mpumalanga-wetgewer voorgelê om die kommerwekkende toename in ontvoerings hok te probeer slaan. Die provinsiale partyleier, Werner Weber, sê dit is onbestrede aanvaar. Die voorstelle sluit in intelligensie en doelgerigte optrede om sindikate aan bande te lê.