Werk aan heining tussen wildtuin en Matsulu begin eersdaags

Loading player...
# SANParke en die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap beplan om die heining tussen Matsulu en die Krugerwildtuin te herstel, in 'n poging om konflik tussen mense en wilde diere te bekamp. Dit volg na verskeie berigte van olifante vanuit die wildtuin wat in dié gemeenskappe amok saai. ‘n Olifant moes in Februarie van kant gemaak word. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê konstruksie behoort in April te begin en sal agt maande duur.
11 Mar 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min