KOPSKUIF - Zuléka Smit - Bekroonde skrywer en motiveringspreker

Loading player...
13.01.2024 - Op 13 Januarie gesels Zuléka Smit, opvoeder en graadhoof by Klein Boishaai in die Paarl en bekroonde skrywer en motiveringspreker, op Kopskuif. Ben gaan skool toe, ’n pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan, is onlangs met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Hierdie boek is gebaseer op Zuléka se baie jare in die onderwys en haar ervarings met haar eie kinders. Sy is ook bekend vir haar Facebook-blad, “Uit die pen van ’n mamma en juffrou”. Skakel in en luister hoe hierdie lief-vir-die-lewe-opvoeder praktiese raad gee om die terug-skool-toe-fase aan te pak.
13 Jan 2024 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister…
8 Nov 23 min