Lisensiebeamptes wat glo omkoopgeld vra in Mkhuhlu is op borgtog vrygelaat

Loading player...
Twee beamptes by die Bestuurderslisensie-toetssentrum in Mkhuhlu is vandag borgtog van 15-duisend-Rand elk toegestaan na hul hofverskyning op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke het Clifford Ngobeni en Manoko Mashaba omkoopgeld gevra om kandidate te help om hul leerlinglisensie-toetse te slaag. Na ‘n vrou die beamptes by die Valke aangegee het, het hulle Maandag toegeslaan toe sy die betaling maak. Ander het ook omkoopgeld betaal en 9-duisend-600-Rand is by die verdagtes gekonfiskeer. Die saak is uitgestel tot 26 Februarie vir verdere ondersoek.
16 Jan 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min