LUR monitor heropening van skole in Bosbokrand

Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal môre die eerste skooldag van 2024 in Bosbokrand monitor. Hy sal ondermeer deur die adjunkminister van Basiese Onderwys, Dr. Reginah Mhaule, en die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, vergesel word na Moduping Sekondêre Skool. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sal hulle ook met rolspelers vergader oor onlangse voorvalle van misdaad waartydens skole in die area geteiken is.
16 Jan 2024 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min