Twee wat glo Valke-hoof besteel vandag terug in hof

Loading player...
Twee mans wat aangekla word van die besit van gesteelde goedere verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag gearresteer na ‘n inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, general-majoor Nico Gerber, in Desember. Volgens Sekgotodi is al die gesteelde items in Skhumbuzo Khathi en Phumlani Nkosi se besit gevind, sowel as items wat met ander huisbrake verbind word. Nog klagtes kan teen die verdagtes gevoeg word.
11 Jan 2024 10PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min