Polisie werk hard om onwettige vuurwapens uit te roei

Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, sê die polisie werk hard om die verspreiding van onwettige vuurwapens hok te slaan. Dit volg op die arrestasie Maandag tydens Operasie Shanela van 'n verdagte op die N3-snelweg naby Grootvlei. Mthabisang Gagayi was 'n taxi-passasier en kon nie 'n vuurwapenlisensie toon vir sy vuurwapen met drie rondes ammunisie nie. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Woensdag in die Balfour-landdroshof verskyn vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie. Die saak is tot Maandag uitgestel.
11 Jan 2024 10PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min