
Moeilike tye wag vir Suid-Afrika se ekonomie in 2024
Loading player...
Ekonome voorspel 2024 gaan ’n besonder uitdagende jaar vir Suid-Afrika wees. Dit is weens die onstabiliteit wat veroorsaak word deur beurtkrag, wanfunksionele hawens, asook die swak paaie en infrastruktuur, sê prof. Johan Fourie, ekonomie-historikus en die skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom en in Afrikaans Skatryk.