DA verkla ANC oor water- en kragkrisis in Waterval-Boven

Loading player...
Die DA in Emakhazeni beoog om die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) te nader oor die ANC se hantering van ‘n mosie om die water- en elektrisiteitskrisis in Waterval-Boven en Belfast aan te spreek. Volgens DA-raadslid, Didi Hepburn, het die party verlede jaar die mosie ter tafel gelê, maar het dit nooit voor die raad gedien nie. Sy sê dit is onaanvaarbaar en dat die stadsbestuurder ‘n plig het om geskrewe tegniese insae van departementshoofde te verkry na so ‘n mosie ontvang is.
10 Jan 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min