Twee vas weens moord op 15-jarige

Loading player...
Twee manlike verdagtes van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud sal na verwagting vandag in die Balfour-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die ontdekking van die lewelose liggaam van 'n 15-jarige meisie Vrydagoggend langs 'n vervalle en onvoltooide huis in die Goede-afdeling. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was sy halfkaal met 'n silwer stuk plastiek om haar privaatdele. Die eerste verdagte is Saterdagoggend gearresteer en die tweede verdagte later dieselfde dag.
18 Dec 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min