Kwotas geld vanaf môre in die Krugerwildtuin

Loading player...
SANParke sal vanaf môre tot 16 Januarie kwotas op besoekers toepas. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê dit is om te verseker almal het ‘n aangename en veilige besoek. Besoekers is versoek om vooraf hul ingangstyd te bespreek. Phaahla sê hulle moet volumes tydens besige periodes bestuur. Hy voeg by dat sigbaarheid van verkeersbeamptes sal verhoog en moedig besoekers aan om die reëls te eerbiedig.
14 Dec 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min