Long Tom-pas busongeluk eis sewe

Loading player...
Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in 'n busongeluk toe ‘n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind. Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring. Drie mense is kritiek beseer en per helikopter na mediese fasiliteite geneem vir behandeling. Die woordvoerder van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
8 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min