DA Mpumalanga sê beurtkrag veroorsaak geweldige werksverliese in landbou-sektor

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om saam met onafhanklike kragverskaffers te werk om beurtkrag die hoof te bied. DA-lid Bosman Grobler sê niks het gekom van beloftes oor alternatiewe energiebronne wat sy so lank gelede as haar 2019 provinsiale rede gemaak het nie. Volgens Grobler toon data van Statistieke Suid-Afrika dat 2-duisend-537 werksgeleenthede in die landbou-bedryf in die provinsie sedert 2021 verlore gegaan het.
6 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min