Twee vas met diesel in Witbank

Loading player...
Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem toe hulle in besit van ongeveer 600 liter diesel, wat na vermoede gesteel is, gevind is in Witbank. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hulle ook in besit van ongelisensieerde vuurwapens. Dit arrestasie volg op inligting van deur die Middelburg-blitspatrollie ontvang is. Hy sê hulle kon nie bewyse lewer dat hulle die diesel gekoop het nie. Hulle sal in die Emalahleni-landdroshof verskyn.
1 Dec 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min