DA in Mpumalanga sê matrikulante skryf eksamen in haglike toestande

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê dit is onaanvaarbaar dat matrikulante hul eindeksamen in haglike toestande by die Phiva-gemeenskapsaal in Nkomazi moet aflê. DA-lid Jane Sithole sê die saal is vervalle en daar is nie eens water nie. Sy sê daar kan nie van graad-12-leerlinge verwag word om onder sulke omstandighede te presteer nie. Die party het aan die LUR, Bonakele Majuba, geskryf om te vra dat die venue as eksamenlokaal heroorweeg word.
30 Nov 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min