Maandag Oggenddiens - Pastoor Neville Goodchild

Loading player...
JOHANNES 10
Die goeie herder
1“Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. 2Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”
6Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie.
7Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
20 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

LUKAS 13 Klag oor Jerusalem (Matt. 23:37-39) 31Op daardie selfde oomblik het 'n aantal Fariseërs vir Jesus kom sê: “U moet padgee en na 'n ander plek toe gaan, want Herodes wil u doodmaak.”
18 Mar 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

PSALMS 10 Die vromes roep om hulp teen hoogmoedige vyande 1Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood? 2Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man. Laat hulle gevang word deur die sluwe planne wat hulle self uitgedink het…
17 Mar 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JOB 2 Die Satan tref vir Job met pynlike swere 1Toe die hemelwesens weer op 'n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan. 2Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek…
16 Mar 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Dr Belinda van der Vlies

PREDIKER 3 Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om…
15 Mar 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Dr Belinda van der Vlies

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring…
15 Mar 3AM 28 min