Gemoedere kook oor by Lebombo

Loading player...
Ingange na Komatipoort word afgesper deur vragmotorbestuurders wat eis dat die stelsel by Lebombo meer doeltreffend gemaak word, omdat hulle dae lank wag om die grens na Mosambiek oor te steek. Die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga bevestig dat twee voertuie wat aan die Lebombo Taxi-vereniging behoort aan die brand gesteek is. Lede van die vereniging patrolleer glo die vragmotors op die N4. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sal die toneel vanmiddag besoek. Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, raai motoriste aan om die area vir die res van die dag te vermy.
17 Nov 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min