Vermeende mensehandelaar bly in aanhouding

Loading player...
‘n Man wat na bewering 23 onwettige immigrante in ‘n Quantum vervoer het, het gister in die Low’s Creek periodieke hof verskyn op aanklagte van oortreding van die Wet op Mensehandel. Sibusiso Malwane is Saterdag op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden gearresteer. Sy passasiers, burgers van Bangladesh en Pakistan, word aangekla van oortreding van die Wet op Immigrasie. Hul saak is uitgestel tot Maandag. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Malwane kan Donderdag vir borgtog aansoek doen.
17 Nov 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min