24 vas vir mensehandel in Kaapmuiden

Loading player...
24 mense is gisteroggend tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie gearresteer vir beweerde mensehandel en oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Misdaadintelligensie en die snelwegpatrollie-eenheid het gereageer op inligting en ‘n Quantum op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden afgetrek. Die bestuurder en 23 passasiers, almal buitelandse burgers, sal na verwagting môre in die Barberton-hof verskyn. Nog arrestasies word verwag.
14 Nov 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min