Vrou pleit skuldig vir moord op polisieman-vriend in Mbombela

Loading player...
'n Vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar polisiebeampte-kêrel in Augustus verlede jaar in sy bed in Pienaar doodgeskiet het, het vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit. Sersant Mandlenkosi Happy Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Die 28-jarige Zanele Mkhonto is kort daarna aangekeer. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die saak tot 27 November uitgestel vir die voorvonnisverslag. Mkhonto bly in aanhouding.
3 Nov 2023 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min