KOPSKUIF - Chantal Munnik, verhoudings- en operasionele bestuurder van die Mind Moves-instituut

Loading player...
28.10.2023 - KOPSKUIF - Chantal Munnik, verhoudings- en operasionele bestuurder van die Mind Moves-instituut, gesels op 28 Oktober op Kopskuif. By die Mind Moves-instituut word leer gedefinieer as die vermoë om aan te pas. Die Mind Moves-instituut help mense om hul vermoë om aan te pas en te leer, te optimaliseer. Hierdie instituut streef daarna dat alle mense die insig en gereedskap sal hê om te groei en in kundige, selfversekerde en deernisvolle individue te ontwikkel, wat gesamentlik neurowetenskap ‒ as vergestalting van kennis ‒ kan aanwend om uitdagings die hoof te bied. Skakel gerus in en kom hoor watter verskil die Mind Moves-instituut maak
28 Oct 2023 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister…
8 Nov 23 min