Donderdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

Loading player...
EKSODUS 15
Die Here is oorwinnaar in die stryd
1Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing:
“Ek wil tot eer van die Here sing
omdat Hy hoog verhewe is.
Perd en strydwa
het Hy in die see geslinger.
2Die Here is my krag
en my beskerming.
Hy het tot my redding gekom.
Hy is my God, Hom roem ek,
die God van my voorvaders,
Hom prys ek.
3Die Here is oorwinnaar in die stryd,
sy Naam is ‘die Here’!
4Die strydwaens van die farao en ook sy leër
het Hy in die see geslinger.
Die keur van Egipte se offisiere
is in die Rietsee gedompel.
5Watermassas het hulle oordek,
soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
19 Oct 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

EKSODUS 16 Kos uit die hemel 1Nadat hulle Elim verlaat het, het die hele volk Israel in die Sinwoestyn aangekom wat tussen Elim en Sinai lê. Dit was op die vyftiende van die tweede maand nadat hulle uit Egipte getrek het. 2In die woestyn het die hele volk hulle teenoor…
1 May 2AM 11 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

MATTEUS 24 Die profetiese rede: die dag en die uur van die wederkoms (Mark. 13:32-37; Luk. 17:26-30,34-35) 36“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. 37Soos dit in die dae…
3 May 3AM 21 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

KOLOSSENSE 3 Julle is saam met Christus uit die dood opgewek 1Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op…
2 May 2AM 21 min