Vermeende swendelaar in Nelspruit aangekla na hy glo vriendin se pensioengeld steel

Loading player...
'n Man het in die hof in Nelspruit verskyn op aanklag van diefstal onder valse voorwendsels, nadat hy glo sy vriendin se pensioengeld gesteel het. Volgens die polisie in Mpumalanga het Christopher Masereka, wat ook bekend is as Moses Mawaza, sy 46-jarige vriendin oortuig om haar pos as onderwyser te bedank en haar pensioengeld in sy logistieke besigheid te belê, maar hy het toe verdwyn. Hy is Sondag aangekeer.
10 Oct 2023 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min