DA eis aandag aan krag en riool krisis in Lydenburg

Loading player...
Die DA in Mpumalanga is besorg oor die dubbele krisis van elektrisiteit en riool wat inwoners van Thaba Chweu-munisipaliteit die hoof moet bied. Sonja Boshoff, ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, sê kragtoevoer wat na beurtkrag nie herstel word nie, sowel as aanhoudende rioolstortings in Lydenburg verg dringende aandag. Volgens haar is dit nie net ongerieflik nie, maar lei dit tot finansiële verliese en gesondheidsrisiko’s. Sy voeg by dat dit gesondheidsorgfasiliteite ook onder geweldige druk plaas.
5 Oct 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min