SAPU vra herklassifikasie van polisiemoorde

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond, SAPU, het sy pleidooi herhaal om polisiemoorde as hoogverraad te klassifiseer. Tussen April en Junie is 31 polisielede vermoor. Net die naweek is vier beamptes in KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap vermoor. Onder hulle tel Sersant Nhlanhla Petros Sigage, wat aan Sigbare Polisiëring in Pienaar verbonde was. Hy is Vrydagaand in KaNyamazane doodgeskiet. SAPU waarsku sonder ‘n permanente oplossing sal polisiemoorde waarskynlik verder toeneem.
20 Sep 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min