Witrivier al drie dae sonder water en nou ook sonder elektrisiteit

Loading player...
Groot dele van Witrivier het reeds drie dae nie water nie, en is vanoggend ook verras met die herinstelling van beurtkrag in die dorp. Die area is vroeër kwytgestel van beurtkrag te wyte aan 'n ooreenkoms tussen die houtpaneel-vervaardiger Sonae Arauco en die Mbombela-stadsraad. Eskom het egter nou geappèlleer teen 'n onlangse hofbevel wat in Sonae se guns beslis het om die ooreenkoms af te dwing. Die DA-raadslid, Rowan Torr, sê die gebrekkige watervoorsiening skrei ten hemele.
12 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min