
Man gearresteer wat glo swanger vrou in middestad doodskiet
Loading player...
‘n 36-jarige vrou is Woensdagoggend in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was sy op pad werk toe, toe iemand in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar geskiet het. ‘n 33-jarige man is gisteraand in Louw’s Creek in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy behoort Maandag in die hof te verskyn.