Alles wat jy moet weet oor Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek

Loading player...
Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek vind hierdie jaar op 13 en 14 Oktober 2023 op die skoolterrein plaas.
Die BUZZZ- naweek skop reeds op 10 Oktober af wanneer daar ‘n hele geesweek vir die leerlinge beplan word. Daar sal elke dag ‘n aktiwiteit vir die leerlinge wees om aan deel te neem!
Op Vrydagoggend begin al die pret met ‘n “colour run”, ’n “paint ball” kompetisie en die hoogtepunt- ‘n kaskarresies. ‘n Nuwe item vind ook plaas: bakkie trek. Die skool se bakkie word deur spanne getrek oor ‘n afstand van 50m op die rugbyveld.
Die BUZZZ terrein open amptelik om 14:00 en daar sal ‘n veld vol EDDIES “Slip en Slides” wees sowel as ‘n uitdagende Santam “paint ball”-baan.
Gedurende die middag arriveer verskeie motorfiets entoesiaste om die naweek saam met ons te geniet. Die motorfiets rally, ‘n nuutjie op ons program, word in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels motorfietsklub aangebied. Die motorfiets entoesiaste sal of in plaaslike gastehuise tuis gaan, of op die XEROS Rally kampterrein op die sportveld.
Plaaslike kunstenaars, wat ook oud –leerlinge van ons skool is, Anke van der Westhuizen, Leandro de Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu skop die joligheid om 17:00 af in die Fit It tent wat die hele naweek die hoofsentrum van die fees sal wees.
GenT, ‘n lekker dansorkes van Kimberley tree om 19:00 op en sal die gees opbou vir die jaarlikse Geneco Repro duiweveiling wat in samewerking met die De Aar Posduifklub plaasvind. Tydens die duiweveiling koop die bieër die “regte”van die duif om op Saterdag 14 Oktober namens die bieër te vlieg. As die bieër se duif eerste inklok, is groot prysgeld te wen. Die prysgeld word persentasie-gewys volgens die veiling se totale inkomste bereken en in die verlede het ‘n duif wat vir R 3000 opgeveil was, sy koper R 50 000 in die sak gebring. Slegs die 30 topduiwe van die klub word opgeveil.
Die tweede been van die veiling is die sogenaamde “R 100-duiwe”. Hier kry almal die geleentheid om ‘n duif vir slegs R 100 te “koop” en die “eienaar” van die wenduif steek R 5000 in die sak. Die wedvlug vind plaas vanaf Williston na De Aar.
Daarna gaan ons gaskunstenaars, Ivan Roux (om 21:00) en Irene-Louise van Wyk (om 22:00) die Novels verhoog in die Fit-It-tent laat bewe en almal se voete te laat jeuk.
Regdeur die naweek is heerlike eetgoed soos, Kerrie en rys, broodjes, Yankees, slap chips, pannekoek en tee/koffie/ cappucino in (De Herberg Lodge) stalletjie te koop. Eie aan die Karoo kan ‘n heerlike skaaptjoppie of sosatie, boerewors en roosterkoeke by die “Kÿto”braaistalletjie te koop wees.
4 Sep 2023 English South Africa News · Business

Other recent episodes

CTU is still accepting late registrations

CTU would like to remind prospective students that registrations for the 2026 academic year are still open, and walk-ins are welcome at CTU campuses nationwide. Students who are still deciding, or whose plans have changed, are encouraged to visit a campus to explore available study pathways. CTU offers a wide…
15 Jan 3 min

Akademia bied aan jou 'n geleentheid om nog vanjaar jou studiereis af te skop!

Matrieks van 2025! Jy het onlangs jou matriekuitslae ontvang. Terwyl meeste openbare hoëronderwysinstellings se aansoeke reeds gesluit is, bied Akademia aan jou die geleentheid om nog vanjaar jou studiereis af te skop! Ons gesels vandag met Danelle Conradie, bemarkingsadviseur by Akademia, hieroor. Voorgraadse studieaansoeke vir 2026 by Akademia sluit op…
14 Jan 4 min

OFM NAMPO Park Kersmark 2025

Kom vier die feestyd by die OFM NAMPO Park Kersmark, wat van 27 – 29 November 2025 by NAMPO Park buite Bothaville aangebied word. Met meer as 100 uitstallers is daar iets vir almal – van geskenke, speelgoed, décor, meubels en kunsvlyt tot buitelewe-produkte, motorbykomstighede en jagtoerusting. Smul aan iets…
25 Nov 2025 3 min