Alles wat jy moet weet oor Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek

Loading player...
Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek vind hierdie jaar op 13 en 14 Oktober 2023 op die skoolterrein plaas.
Die BUZZZ- naweek skop reeds op 10 Oktober af wanneer daar ‘n hele geesweek vir die leerlinge beplan word. Daar sal elke dag ‘n aktiwiteit vir die leerlinge wees om aan deel te neem!
Op Vrydagoggend begin al die pret met ‘n “colour run”, ’n “paint ball” kompetisie en die hoogtepunt- ‘n kaskarresies. ‘n Nuwe item vind ook plaas: bakkie trek. Die skool se bakkie word deur spanne getrek oor ‘n afstand van 50m op die rugbyveld.
Die BUZZZ terrein open amptelik om 14:00 en daar sal ‘n veld vol EDDIES “Slip en Slides” wees sowel as ‘n uitdagende Santam “paint ball”-baan.
Gedurende die middag arriveer verskeie motorfiets entoesiaste om die naweek saam met ons te geniet. Die motorfiets rally, ‘n nuutjie op ons program, word in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels motorfietsklub aangebied. Die motorfiets entoesiaste sal of in plaaslike gastehuise tuis gaan, of op die XEROS Rally kampterrein op die sportveld.
Plaaslike kunstenaars, wat ook oud –leerlinge van ons skool is, Anke van der Westhuizen, Leandro de Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu skop die joligheid om 17:00 af in die Fit It tent wat die hele naweek die hoofsentrum van die fees sal wees.
GenT, ‘n lekker dansorkes van Kimberley tree om 19:00 op en sal die gees opbou vir die jaarlikse Geneco Repro duiweveiling wat in samewerking met die De Aar Posduifklub plaasvind. Tydens die duiweveiling koop die bieër die “regte”van die duif om op Saterdag 14 Oktober namens die bieër te vlieg. As die bieër se duif eerste inklok, is groot prysgeld te wen. Die prysgeld word persentasie-gewys volgens die veiling se totale inkomste bereken en in die verlede het ‘n duif wat vir R 3000 opgeveil was, sy koper R 50 000 in die sak gebring. Slegs die 30 topduiwe van die klub word opgeveil.
Die tweede been van die veiling is die sogenaamde “R 100-duiwe”. Hier kry almal die geleentheid om ‘n duif vir slegs R 100 te “koop” en die “eienaar” van die wenduif steek R 5000 in die sak. Die wedvlug vind plaas vanaf Williston na De Aar.
Daarna gaan ons gaskunstenaars, Ivan Roux (om 21:00) en Irene-Louise van Wyk (om 22:00) die Novels verhoog in die Fit-It-tent laat bewe en almal se voete te laat jeuk.
Regdeur die naweek is heerlike eetgoed soos, Kerrie en rys, broodjes, Yankees, slap chips, pannekoek en tee/koffie/ cappucino in (De Herberg Lodge) stalletjie te koop. Eie aan die Karoo kan ‘n heerlike skaaptjoppie of sosatie, boerewors en roosterkoeke by die “Kÿto”braaistalletjie te koop wees.
4 Sep 2023 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Vrystaat Kunstefees 2026: Marijda Kamper & Dr. Cobus van Breda

Pulane Nel-Sekepe gesels met Marijda Kamper - Program Bestuurder van die Vrystaat Kunstefees, sowel as Dr Cobus Van Breda - Program Direkteer van "Science-for-the-Future". Hul onderhoud fokus op hoekom teater vir jong gehore, wetenskap en opvoedkundiges so belangrik is.
30 Jun 8 min

Wyndford Holiday Farm

Pulane Nel-Sekepe gesels met Jandré Du Plessis oor die nuwe verwikkelinge by Wyndford. Met 'n pragtagie nuwe restaurant wat oop is vir die publiek, tot die nuut oorgedoende tennis bane. Hier kan jy selfs rolbal geniet, of 1 van 14 staproete gaan uittoets. 'n Ware vakansie ondervindig, net soos wat…
24 Jun 4 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Michael Garbett & Juné Pretorius

Pulane Nel-Sekepe het vandag die voorreg gehad om vir Michael Garbett – Fees Direkteur en Juné Pretorius – Program Koordineurder van die Vrystaat Kunstefees in die ateljee te hê saam met haar. Hul gesels oor die tema van vanjaar se fees, gevestigde kunstenaars én nuwe talent, sowel as hoe belangrik…
23 Jun 7 min

The Big Cover Up: Jade Huis vir Bejaardes

Pulane gesels met Jade Huis vir Bejaardes. Hul is 1 van die begunstigdes van die 2026 fondsinsamelings projek. Met trots aan jou gebring deur OFM, in samewerking met Round Table Southern Africa.
4 Jun 3 min

The Big Cover Up: Destiny House

Pulane gesels met Destiny House. Hul is 1 van die begunstigdes van die 2026 fondsinsamelings projek. Met trots aan jou gebring deur OFM, in samewerking met Round Table Southern Africa.
4 Jun 4 min