DA sê Thaba Chweu dring aan om ANC-kaders aan te stel

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu sê die stadsraad probeer steeds mense onregmatig aanstel. Volgens raadslid, Spiridon Couvaras, het die munisipaliteit tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 15 Augustus probeer om die vereiste oor minimum kwalifikasies en ondervinding vir senior bestuurders opsy te skuif. Dit volg na weke se betogings oor aanstellings in Thaba Chweu. Couvaras sê hulle sal ook die hoof van die Departement van Samewerkende Regering nader oor die volgehoue minagting van beleid en DIE wet.
18 Aug 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min