Omgewingsmisdaad-ondersoeker deur seekoei gedood in die Krugerwildtuin

Loading player...
# SANParke het sy medelye betuig aan die familie, vriende en kollegas van 'n senior bestuurder in die ondersoekeenheid vir omgewingsmisdade. Kobus de Wet was in Groenkloof, Pretoria gestasioneer. Hy is Saterdag in die Krugerwildtuin dood, nadat hy deur 'n seekoei bestorm is terwyl hy daar gekamp het. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê die presiese besonderhede van die voorval is tans onduidelik en die omstandighede word ondersoek.
14 Aug 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min