Soektog duur voort na vermiste Witrivier-man

Loading player...
'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Hy het glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, soek meer as 'n honderd mense te voet, per voertuig en met hommeltuie. Die polisie honde-eenheid is gister ook ontplooi. Enigiemand wat inligting het is gevra om 079-883-7806 te kontak.
10 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min