Polisie skiet verdagte by huis in Barberton dood

Loading player...
‘n 51-jarige man is gisteroggend deur die polisie by ‘n huis in Barberton doodgeskiet.
Volgens die polisie het hulle inligting ontvang dat plofstof onwettig in die huis gestoor word.
Hulle het die erf betree en alle pogings aangewend om hulself as polisielede te identifiseer.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die verdagte het op hulle geskiet en hulle het terug geskiet. Die man het aan sy wonde beswyk. Buiten ‘n vuurwapen en ammunisie is ploftoestelle en ontstekers in die huis gevind. Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek die voorval.
6 Jul 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min