Nuusberig: Twee sekuriteitswagte tydens transitoroof gewond

Loading player...
Twee sekuriteitswagte is laat gistermiddag tydens ‘n transitoroof op die R537 tussen Sabie en Witrivier gewond. Die G4S-gepantserde voertuig is om ongeveer 20-oor-5 deur ‘n onbekende aantal rowers aangeval. Een van die voertuie was ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie. Twee sekuriteitswagte is geskiet. Een is in die kop getref en die ander in die bolyf. Hulle is hospitaal toe gehaas. Die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van Witrivier gevlug. Niemand is nog aangekeer nie.
6 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min