DA bekommerd oor pasiënte se kos by Themba-hospitaal

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor beweringe dat pasiënte by Themba-hospitaal naby Witrivier nie van genoegsame kos voorsien word nie. Volgens Jane Sithole doen ‘n plasing die ronde op sosiale media oor hoe pasiënte soggens slegs twee snye droë brood ontvang voor ‘n maaltyd saans. Sy sê pasiënte en werknemers by die hospitaal voer ook aan dat hul etes deur verpleegkundiges gesteel word. Verder word daar beweer dat verskaffingskontrakte aan maatskappye toegeken word wat nie die kapasiteit het om die kos te voorsien nie. Sithole doen ‘n beroep op die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, om dringend in te gryp en die kontrakte te oudit.
8 Jun 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min