Ekstra skop vir teenstropingsoperasies in die Krugerwildtuin

Loading player...
Die Krugerwildtuin het die donasie van opleiding en toerusting in taktiese ongevalle-sorg en eerstehulp vir hul veldwagters verwelkom. Die skenking, ter waarde van 166-duisend-600-Rand, is befonds deur die Conservation Risk Initiative en Noctuam Poaching Prevention Academy en is deur Mdluli Safari Lodge in Pretoriuskop gefasiliteer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê dit bou nie net kapasiteit nie, maar ondersteun ook teenstropingsoperasies.
7 Jun 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min