Twee polisiebeamptes wat gister in die Vaalbank-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met ‘n transitorooftog, bly in aanhouding tot hulle op 27 Februarie saam met nog ‘n beskuldigde, wat in die Witbank-tronk is, in die hof sal verskyn. Volgens die Valke in Mpumalanga is Zachariah Magopa sedertien uit…
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, het die ministeriële afvaardigings van Suid-Afrika en Mosambiek verwelkom wat vandag in Malalane vergader vir gesprekke oor veiligheid, handel en grensbeheer. Dit volg na politieke onlus in Mosambiek al weke lank vragvervoer en reis by Lebombo-grenspos ontwrig. Die Suid-Afrikaners is gelei deur die Minister van…
Twee verdagtes wat verdink word van moontlike stropery is vroeg gisteroggend by huise in onderskeidelik Kabokweni en Pienaar gearresteer weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Elk was in besit van vier jaggewere. Volgens die polisie in Mpumalanga sal ballistiese toetse bepaal of die wapens in die pleeg van misdade gebruik…
Die polisie en Korrektiewe Dienste in Mpumalanga soek na ‘n verdagte wat vroeg gisteroggend ‘n polisiebeampte in Malalane van sy dienspistool en ammunisie beroof het. Volgens die polisie is die vuurwapen intussen by sy huis teruggevind, maar die verdagte is voortvlugtig. Hy is tans uit op parool na hy tronkstraf…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, vergader vandag met alle kringbestuurders in Witbank terwyl die skole hierdie week sluit – om hul gereedheid vir die 2025-skooljaar te bepaal. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, heropen skole op 13 Januarie vir onderwysers en op 15 Januarie vir…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.