Saak teen vermeende renosterstropingsindikaat tot Julie uitgestel

Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan 'n renosterstropingsindikaat. Die woordvoerder van die N-V-G, Monica Nyuswa, sê die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Twee van die vermeende ringkoppe wat in September 2018 in verband met die saak aangekeer is, is intussen vermoor. Hoofman Clyde Mnisi is vroeër vanjaar naby die K-M-I-lughawe doodgeskiet en Petros “Msengu” Mabuza in Hazyview in 2021.
26 May 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min