Dat een skoenboks nou soveel drama kan veroorsaak ... Sersant Jakes Johnson kry ʼn onverwagse besoek en hy kry dit hotagter. Daar is ʼn verdagte nommer een vir die diefstal in Sersant Jakes Johnson se swart notaboekie.
Shirley Sinfield keer met ʼn indrukwekkende CV en ʼn sakeplan uit die buiteland na Katbosbult terug … om terug te ploeg in die gemeenskap waaruit sy gebore en getoë is. Iets dryf haar. Chrissie Celliers het ʼn geroosterde skaapnek in die oond en dis vir ʼn baie spesiale persoon …
Leonardo le Roux, die kunstenaar met die poniesterthare, oorbel en hande vol nuwe planne vir Katbosbult tref die dorp. Hy is nie op sy mond geval nie. Eppo Engelbrecht kry die wind van voor met iemand wat hom opdraande gee. Daar is skielik heelwat skoenbokse wat moet Sjina toe.
Sersant Jakes Johnson se vrou Maggie het hom gelos. Sy maak die lewe vir hom moeilik … en dis nie net vir skei nie. Monique Maritz is vol planne en sy misbruik graag mense om haar daarmee te help.
Chrissie Celliers is op ʼn missie en ʼn geroosterde skaapnek is ʼn belangrike deel daarvan. Sy is soos ʼn orkaan, stuit vir niks en niemand nie. Shirley Sinfield leer dis wys om op Katbosbult jou woorde sorgvuldig te tel, maar sy trap nogtans ʼn liederlike stel af.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.