Die Here het my "Ytgesort" - Sollie Staggie

Loading player...
Coach Freek gesels die week met Sollie Staggie. Sollie is die jonger broer van Rashied Staggie. Rashied was die leier van die berugte Hard Livings bende gewees. Rashied is op 13 Desember 2019 in Soutrivier doodgeskiet. Sollie was ook 'n bende baas en dwelmhandelaar gewees. Sollie was in 1999 skuldig bevind aan moord en is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Sollie deel sy aangrypende getuienis, hoe die Here hom "ytgesort" het, met Coach Freek.
2 May 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
11 Oct 1 hr 35 min