Vermeende mensehandelaars laat vaar borgaansoek in Nelspruit-hof

Loading player...
Twee vermeende mensehandelaars het hul borgaansoeke in die Nelspruit-landdroshof laat vaar.
Volgens die Valke het Mujahid Hussain en Ihsan Ullar gister verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Voorkoming en Bestryding van Handel in Persone. Die Valke woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hul regsverteenwoordiger het die hof ook ingelig dat beide beskuldigdes van voorneme is om skuldig te pleit. Hulle verskyn weer op 23 Mei in die streekshof.
19 Apr 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min