Boekkeuse - 28 Feb 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Dit is vandag vir die tweede keer hierdie maand dat ons voorreg het om ‘n wêreld premiére van die eerste aanbieding van Joanita Erasmus-Alt se pryswennende toonsetting, Kontrapunt, rondom gedigte van Sheila Cussons aan te bied. Verlede jaar het sy met die viering van Cussons se eeufeesviering ook ‘n konsertprogram van getoonsette gedigte aanbied by NALN in Bloemfontein.
In ons vorige program het ons geluister van Franco Prinsloo se toonsetting van Ingrid Jonker se liefdesgedig, “Plant vir my ‘n boom, André”, wat ons vandag herhaal.
Ons verwelkom twee ateljeegaste, Malene Breytenbach, wat haar gevestig het as romansier en skrywer van romanses, en prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg, wat gesels oor haar bloemlesing, Vers en Vrou, waarin sy vroue digters oor ‘n periode nege dekades aan die woord stel.
Joan Hambidge bespreek Cas Wepener se roman, getiteld Roman, en Nadia Victor gee haar mening oor Marie Lotz se speurverhaal, Polsslag.
28 Feb 2023 Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 26 March 24

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
26 Mar 58 min

Boekkeuse - 12 March 24

In hierdie propvol aanbieding van Boekkeuse – FMR se gereelde geselsprogram oor skrywers en boeke - aangebied deur Amanda Botha: Twee geliefde skrywers kuier in die Boekkeuse-ateljee. Anoeschka von Meck gesels oor haar jongste roman, Twa die tydloper, en Wendy Maartens, vertel meer oor haar jongste boek, Sankind Lees die…
12 Mar 59 min

Boekkeuse - 27 February 24

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
27 Feb 57 min

Boekkeuse - 30 January 24

In hierdie episode van Boekkeuse, met die volgende verkiesing op die horison, gesels ek met Adriaan Basson en Qaanitah Hunter oor hulle studie, Who will rule South Africa? Skryf en leesvaardighede by kinders is lewensnoodsaaklik en dis waarom Reinette Lombard ‘n Tippie-reeks geskep het. Ek gesels met haar vanuit Pretoria…
30 Jan 55 min

Boekkeuse - 16 January 24

16 Jan 58 min