Vonnisse vir verkragters in verwelkom

Loading player...
Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag geloof vir die swaar vonnisse wat twee verkragters opgelê is. Sibusiso Cossa is tot twee keer lewenslank en ‘n addisionele 50 jaar gevonnis vir misdade wat hy in Tonga gepleeg het. Richard Ndlovu moet ook lewenslank sit vir die verkragting van ‘n minderjarige in Masoyi. Mtshweni-Tsipane beskryf dit as ‘n oorwinning in die geveg teen geslagsgebaseerde geweld. Haar woordvoerder, Sibongile Mkani-Mpolweni:
6 Feb 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min